Weg!

Fraserburg sien ons gou weer

-

Ek haal graag aan uit die artikel oor Fraserburg in die Augustus-uitgawe ( Weg #154): “... lê Fraserburg omtrent presies in die middel, myle weg van enige hoofpad. Dit is dus nie ’n dorp waarop jy toevallig afkom nie. Jy kom hiernatoe as jy hier wil of moet wees.”

Ons was twee gesinne wat die afgelope winter saam na Sutherland gereis het. Ons het gery via die Mokala-nasionale park en deur Fraserburg.

Ons het aanvanklik net vinnig deur die netjiese dorpie gery. Sowat 10 minute later kry ons ’n pap band, maar sit gou die noodwiel op. Dis nie lank nie of nóg ’n band is pap. Ons laai toe die twee pap bande in die een voertuig en ry terug Fraserburg toe, na die KaRouxmoto­rhawe. Binne minute begin grawe die eienaar, Herman le Roux, en sy seun Herold tussen die ou bande in die dak en kry toe twee van die regte grootte!

Dit was ’n eenparige besluit: Ons gaan binnekort Fraserburg as ’n bestemming besoek – wat ’n lieflike dorp in die middel van nêrens, met vriendelik­e mense!

Op die foto staan ek en my vriend Norbert Hannweg.

PENNY LUCAS, Edenvale >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa