Weg!

HENNIE VAN DEVENTER

-

van Melkbosstr­and skryf: Ons het op hierdie rooibokke afgekom vlak by die Satara-ruskamp se hek in die Krugerwild­tuin. Dié enetjie moet pas gevrek het. Sy maat het versigtig nader gekom, gesnuif, gelek en toe teruggesta­an om te kyk of iets nie gebeur nie. Hy het die proses herhaal en toe ’n entjie weggestap.

Toe loop hy die lewelose bokkie storm met ’n verwilderd­e trek in sy oë. Hy het ’n paar keer op die bokkie gespring, met sy voorbene uitgestrek. Later het hy net vir die dooie bokkie gestaar. Die toneel het my dronkgesla­an.

Die wildleweke­nner L.D. VAN ESSEN antwoord: Ek vermoed die twee rammetjies was waarskynli­k in ’n bakleiery betrokke. Rondom Mei en Junie baklei ramme vir loopgebied en ooie. Die ram wat op die dooie een spring en met sy kop stamp, dui op die aggressie van die bakleiery – sy liggaamsho­uding op die foto dui ook daarop.

Hoewel dit nie baie gebeur nie, kan die bokke mekaar ernstig wond en doodmaak. As die horingpunt van een ram byvoorbeel­d die ander se slagaar tref, is dit klaarpraat met hom. Die wenner jaag gewoonlik die verloorder rond en steek hom in die sye, wat ook noodlottig kan wees. Normaalweg kies die verloorder die hasepad, maar in dié geval bly hy op die toneel. Die oorlewende ram is nie gewoond aan die gedrag nie, en hou dus aan stamp om seker te maak die ander een wil nie terugbakle­i nie. Dus nie ’n geval van vriendskap nie, maar ’n kompetisie om gene oor te dra.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa