Weg!

DIRK BEZUIDENHO­UT

-

van Pretoria skryf: Ek het dié nimmersat afgeneem langs die Choberivie­r in Botswana. Volgens ons gids kry die nimmersatt­e se veredos die uitsonderl­ike pienk kleur net in broeityd?

Die voëlkenner PROF. PETER RYAN antwoord: Die gids is reg: Die nimmersatt­e is aan die begin van die broeiseiso­en in hulle broeiverek­leed. Die rooi kleur van hulle gesigte is ook helderder. Die kopvel kan ook verder terugtrek, wat nog meer die helder kleur van hulle gesig beklemtoon. Die mannetjies en wyfies kry die pienk tint. ’n Karotenoïe­d-basispigme­nt veroorsaak die pienk kleur, wat afkomstig is uit die dieet van die ooievaar. Dit is dus ’n teken van goeie gesondheid in albei geslagte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa