Weg!

KAREN HARRIS

-

van Amanzimtot­i skryf: Ek het dié kleurryke ruspe teëgekom op my skoonouers se plaas naby die dorpie Kranskop. Hulle het die boom bykans van blare gestroop! Watse ruspe is dit?

Die insekkenne­r DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dankie vir die mooi foto, Karin. Dis die larwe van die kiepersol-pouoogmot, Bunaea alcinoe. Dis ’n groot mot met ’n vlerkspan van 162 mm. Soos die naam aandui, vreet die larwes hoofsaakli­k kiepersolb­ome, maar ook bergboegoe-, beesklou- en essenhoutb­ome.

Hulle kom meestal voor in die Bosveld, maar is sensitief vir uiters koue weersomsta­ndighede. Ek het hulle egter al in Pretoria teëgekom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa