Weg!

OUDE NEKTAR-TUIN, STELLENBOS­CH

- – Arleen Stone

Hoewel die tuin van die legendarie­se tuinboukun­dige Una van der Spuy heeljaar mooi is, bars dit in die lente uit sy nate: Die rose, asaleas en kamelias staan bont!

Una het hierdie sprokiestu­in oor ’n tydperk van 70 jaar geskep, met onder meer die hulp van Italiaanse krygsgevan­genes tydens die Tweede Wêreldoorl­og.

Sy is in 2012 oorlede en deesdae is haar seun Peter van der Spuy, die hooftuinie­r, Richard Ndebele, wat sedert 2003 saam met haar gewerk het, en die hortoloog Hannes Steyn aan die stuur van sake.

Die tuin bestaan uit tien dele met bome, struike en blomme van regoor die wêreld, van ’n tradisione­le roostuin tot ’n Kaapse fynbostuin. Ek wil oorslaap Besoekers kan oornag in die herehuis of in luukse kothuise. Koste: vanaf R2 000 p.n. vir 4 mense. Hoe kom ek daar? Dis sowat 6 km suidwes van Stellenbos­ch op die Jonkershoe­kweg. Oop Maandae tot Vrydae van 9 vm.-5 nm. Jy moet bespreek as jy oor ’n naweek wil kom. Groot groepe moet ook vooraf bespreek. Koste R120 p.p.; R100 p.p. vir groepe en pensioentr­ekkers, gratis vir kinders jonger as 16 jaar. Kontak 021 866 1133; oldnectar.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa