Weg!

Hoor hoe lui die kerkklok

-

Mik vir die 52 m hoë kloktoring in Strandstra­at naby die hawe vir ’n 360°-uitsig oor Port Elizabeth. Die ikoniese alleenstaa­nde kloktoring (’n kampaniel) het onlangs ’n nuwe baadjie gekry. Besoekers kan nou met ’n splinternu­we hysbak (rolstoelvr­iendelik) tot bo ry. Die meer fikses kan met die 204 trappe tot bo klim – wees op die uitkyk vir die 67ste trap met ’n plaatjie wat oudpres. Nelson Mandela se jare op Robbeneila­nd gedenk. Loer op pad boontoe in by verskeie galerye waar plaaslike kunstenaar­s uitstal.

Die toring het in 1936 sy klokkespel van 23 klokke (wat altesaam 16 ton weeg!) gekry. Dié klokke is skoongemaa­k en saam met twee nuwes weer tot bo in die toring gehys. Terloops, dis die grootste klokkespel in die land. Dié klokke lui elke 15 minute en elke uur is daar ’n langer klokkespel – hulle kan selfs die nasionale lied speel!

Besoekers kan kyk na ’n volledige stel perspex-replikas (die sogenaamde spookklokk­e) van die ware Jakob op die vyfde verdieping.

Die ooreenstem­mende perspex-klok verlig terwyl die regte klok lui. Hier’s ook ’n interaktie­we klawerbord waar jy die perspex-klokke kan “speel”. Kinders sal gaande wees hieroor én oor die glaskapsul­e op die boonste dek waarin dit voel asof jy bo-op die stad staan.

Die kloktoring is in die vroeë 1920’s gebou naby die plek waar die Britse Setlaars ’n eeu gelede aan wal gekom het, maar die opgeknapte toring is ’n viering van ons land se ryk geskiedeni­s. Die kloktoring is dan ook die begin van Roete 67, ’n kunsroete deur die stad. Oop Dinsdae-Saterdae: 9 vm.-12.30 nm. en 1.30 nm.-5 nm. Sondae: 2 nm.5 nm. Toegang is gratis. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa