Weg!

Dié dooie boom is nes De Aar?!

- – Albie Venter

Daar was ’n groot ou trosvyboom in ons tuin wat ’n paar jaar gelede gevrek het. Waar daar eens ’n digte blaredak was, is nou net ’n paar takke wat soos geraamtes deur die lug steek. Ek het sterk gestaan toe verskeie mense voorgestel het dat ek die “lelike” boom afkap.

Die boom speel steeds ’n belangrike rol in die ekostelsel – en ek geniet dit om dit dop te hou. Die hoogste droë takke het niks plantegroe­i wat die uitsig belemmer nie en is ’n goeie sitplek vir voëls. Ons sien byna daagliks spreeus, duiwe en neushoring­voëls daar. Selfs roofvoëls maak nou en dan hulle opwagting. Van dié droë takke af het dié voëls ’n mooi uitsig oor ’n vallei, en kaalwangva­lke en bruinslang­arende kom sit hier en bespied die omgewing vir prooi.

Hoewel die boom self nie kos vir die voëls of ander diere kan voorsien nie, gee die dooie hout skuiling aan verskeie inseksoort­e, wat weer deur die voëls geëet word. Ek sien gereeld rooibekkak­elaars en ’n verskeiden­heid houtkapper­s wat houtwurms en ander sappige happies soek en vreet.

Maar die grootste bederf was met die begin van die broeiseiso­en, in die eerste somer nadat die boom gevrek het. Een oggend het ’n geelblesti­nker (foto bo) ’n gryshoutka­pper aangeval toe dié tussen die dooie takke op soek was na kos. Dit was nogal ’n woeste aanval, wat vir my gesê het dit gaan hier oor meer as net ’n paar wurms... By nader ondersoek het ek ’n klein gaatjie in die sagte hout gesien – omtrent so groot soos ’n tweerandst­uk. ’n Nes! Dit was lekker om vir die volgende paar weke dop te hou hoe die ouers kom en gaan om ’n klomp kos – van insekte tot bessies – by die kuiken af te lewer.

Die sepie was egter nog nie verby nie ... Een oggend het’ n kaalwangva­lk ondersoek kom instel. Dié valke is spesialis nes plunderaar­s ... maar sover ek kon sien, kon hy nie die kuiken bykom nie. Dié boom is beter as Binnelande­rs! Ek gaan dit beslis nog ’n jaar of drie in my tuin hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa