Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe werk dinge? Hier is sewe wilderniss­taproetes in die wildtuin. Elkeen het plek vir agt stappers, twee veldwagter­s en ’n kok.

Die roetes strek oor drie dae. Dit begin elke Woensdag en Sondagmidd­ag om 3 nm. (Doen jouself ’n guns en slaap die vorige aand reeds in die wildtuin. Dis ver se ry van Gauteng af.)

Die eerste middag kuier julle rustig by die boskamp. Die volgende twee dae stap jy elke oggend (sowat vyf uur) en elke middag (sowat drie uur). Op die laaste oggend ry jy ná ’n laatontbyt weer terug Satara toe. Hoe fiks moet ek wees? Jy stap 9-12 km in die oggend, en smiddae 5 km. Dis meestal gelyk, maar kan warm raak. Wat pak ek in? Bring al die nodige toerusting vir ’n dagstap.

Jy dra net ’n dagsak met water, versnaperi­nge, kamera, verkyker en ’n voëlgids.

Onthou ook ’n warmbaadji­e en ’n buff of ’n mus – dit kan koud raak in die aande, veral op die wildkykvoe­rtuig. Die res van jou bagasie los jy in jou safaritent. Hoe lyk die geriewe? Die boskamp is omhein en het gemeenskap­like spoeltoile­tte en warmwaters­torte. Hier’s beperkte sonkrag om dinge te laai, maar bring liefs ’n ekstra battery vir jou kamera en selfoon. Wanneer kan ek stap? Heeljaar – die wildernisr­oetes is net van middel Desember tot middel Januarie gesluit. Beste tyd om te stap? In April en Mei is die weer matig. Die veld is nog mooi met veldblomme en skoenlappe­rs. Dit kan wel swaar dou. Voëlkykers moet in die somer kom, dan is al die trekvoëls hier, die veld is op sy mooiste, en hier’s baie jong diere. Maar onthou, dis dan ook die reënseisoe­n.

Ons het in die winter gestap – die dae was warm maar die nagte kan koud raak – bring ’n warmwaters­ak en soetwyn saam.

Koste Vanaf R4 400 p.p. Maaltye, drinkwater en versnaperi­nge ingesluit. Jy moet jou eie drankies bring. As jou hou van gedurig peusel, bring ’n paar pakkies Wine Gums, biltong en droëwors saam. Kontak Bridget Bagley 012 426 1044; bridget.bagley@sanparks. org; sanparks.org

 ??  ?? OPWAARTS. Vra die stapgids of julle die Mathikithi-koppie (316 m) kan uitklim – dis ’n maklike klim. Van hier af het julle op ’n wolklose dag ’n uitsig oor die Nwanetsiri­vier en die buffelnavo­rsingskamp.
OPWAARTS. Vra die stapgids of julle die Mathikithi-koppie (316 m) kan uitklim – dis ’n maklike klim. Van hier af het julle op ’n wolklose dag ’n uitsig oor die Nwanetsiri­vier en die buffelnavo­rsingskamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa