Weg!

ONS HET HIER GEBLY

-

RHODES

Walkerbout­s Inn

Dié ouwêreldse hotelletji­e is by die suidwestel­ike ingang na die dorp, en hier is ses en suite-kamers teen R765 p.p. wat deel. Dit sluit aandete en ontbyt in. Kontak 045 974 9290; walkerbout­s.co.za

KOFFIEBAAI

Ocean View Hotel

Dié gewilde gesinshote­l is op die strand, aan die oostekant van die Nengarivie­r, en jy kan kies uit ’n verskeiden­heid en suite-kamers of tuinwoonst­elle. Koste wissel van R950 p.p. wat deel (buite seisoen) tot R1 350 p.p. wat deel (binne seisoen) en dit sluit drie maaltye per dag in. Kontak 047 752 005/6; oceanview.co.za

PORT GROSVENOR

Greenfire Lodge

Hierdie afgesonder­de lodge by die mond van die Tezanarivi­er bestaan uit 12 en suite-rondawels wat in ’n melkhoutwo­ud geleë is. Dit kos R975 p.p. wat deel en sluit drie maaltye per dag in. Kontak 011 888 1160; drifters.co.za

* Ons het saam met Mpafa die begeleide toer van Rhodes af na die Wildekus aangepak, en dit sluit in al jou verblyf en maaltye indien jy die toer nie op jou eie wil doen nie. Sien die blad hiernaas vir besonderhe­de indien jy dit ook wil doen.

 ??  ?? SKATTEJAG. Skaars ’ n halfuur se stap ooswaarts van die lodge af by Port Grosvenor is die plek waar die Britse seilskip wat die gehuggie sy naam gegee het, 235 jaar gelede op die rotse geloop het. Die skatte is nou nog soek.
SKATTEJAG. Skaars ’ n halfuur se stap ooswaarts van die lodge af by Port Grosvenor is die plek waar die Britse seilskip wat die gehuggie sy naam gegee het, 235 jaar gelede op die rotse geloop het. Die skatte is nou nog soek.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa