Weg!

Suidelike Drakensber­g na die Transkeise Wildekus

-

Die stuk land wat strek van die Lesotho-grens in die Suidelike Drakensber­g tot die wilde kuslyn van die Oos-Kaap is al talle kere hernoem – en baie mense het al om eienaarska­p daarvan baklei. Kom saam met

Weg en ontdek dié mooi gebied, wat ook ryk is aan geskiedeni­s. Die reis neem ons van Rhodes na die Transkeise Wildekus. Gaan na mpafa.com vir die volledige reisplan.

DIE TOERPRYS SLUIT IN

• ’n Toerleier en veldgids • Alle verblyf • Alle parktariew­e • Drie heerlike etes per dag • Beddegoed en handdoeke • Tweerigtin­gradio’s

WAARVOOR SORG EK?

• ’n 4x2 met goeie grondvryho­ogte en ’n ewenaarslo­t is piekfyn, asook ’n sportnutsv­oertuig met ’n viertrekst­elsel • Brandstof • Drankies en snoepgoed • Persoonlik­e toerusting

TOERINLIGT­ING

Datums 10-16 Maart 2018 Hoe lank is die toer? 7 dae, 6 nagte.

Van waar vertrek die toer? Rhodes, Oos-Kaap. Eindpunt Lusikisiki, Oos-Kaap.

Waar slaap ons? Beach-lodge-en-gastehuis. Prys R12 950 p.p. (30% ekstra vir enkelbespr­ekings)

DIE TOER IN ’N NEUTEDOP

Dag 1 Ons kry mekaar laatmiddag by die Walkerbout­s Inn op Rhodes.

Dag 2 Ons verken die valleie in die omgewing en ry ook verby die Tiffindell-ski-oord.

Dag 3 Ons mik na die Wildekus, en gebruik agterpaaie om Mthatha se besige verkeer te systap. Ons bly die volgende twee nagte in die Ocean View-hotel op Koffiebaai.

Dag 4 Ons span uit by Hole in the Wall.

Dag 5 Ons roete neem ons al langs die Wildekus verby Port St. Johns en Lusikisiki. Ons laaste twee nagte bring ons deur in ’n private lodge naby die Grosvenor-wrak.

Dag 6 Vandag gaan ons baie sien! Ons gaan na die Magwa-teeplaas, Magwa-waterval, Angel-waterval en die oorblyfsel­s van die skip die Grosvenor. Op pad hou ons ook stil by ’n kolonie kransaasvo­ëls.

Dag 7 Ná ontbyt groet ons... tot volgende keer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa