Weg!

LEANDRE BRAND

@leandrebra­nd Canon 1200D Canon 18-55 mm-lens

-

LEANDRE SKRYF: Ek wou graag ’n sonsonderg­ang foto neem van een van my neefs (hy’s ’n kranige veldloper) op dié bekende klip bo in Kasteelspo­ort aan die kant van Tafelberg.

In Juniemaand het ek, my oom, tannie en neef die roete gepak. Ek was entoesiast­ies, min wetend wat voorlê... Ons het met die Pipe Trackroete gestap tot waar jy opdraai in Kasteelspo­ort. Van daar af was dit ’n geklim! Dit was ’n kwessie van bloed, sweet en trane vir ’n minder fikse siel soos ek. Maar ek wóú my foto kry.

Toe ons bo kom, het Moeder Natuur behoorlik afge- show – én ek kon my foto neem!

Ons was eers agtuur die aand terug by ons kar, maar ek het ’n gevoel van waardering gehad omdat ek ’n besonderse sonsonderg­ang saam met familie kon geniet.

TOAST SÊ: Hierdie is ’n gewilde plek vir presies hierdie soort foto – maar jy moet daarvoor werk!

Tafelberg is een van Suid-Afrika se mees ikoniese plekke – dit is gewoonlik onmiddelli­k herkenbaar, veral wanneer jy dit van Blouberg se kant af afneem. Maar die berg se ander hoekies en draaitjies raak ook bekend, want duisende toeriste (en Kapenaars wat wil bene rek) beklouter die berg daagliks, en byna elkeen het ten minste ’n selfoon in die sak om foto’s te neem (en dan gou op Instagram te laai).

Hoewel jy as jong fotograaf ook unieke foto’s wil neem, is dit soms pret om vir jouself “huiswerk” te gee. Probeer ’n foto wat jy al in Weg of op Instagram gesien het (soos ’n foto van die einste klip in Kasteelspo­ort) na te boots. Gaan soek daai presiese plek, die presiese hoek. En kyk of jy nét so ’n foto kan kry.

Jy gaan dan ontdek dat geen natuurfoto presies ’n ander kan naboots nie. Die lig gaan effens anders wees, jou model gaan anders staan, die wolke ’n ander dansie maak.

Lekker, nè? Dit beteken jou stokperdji­e gaan nooit oud word nie!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa