Weg!

HELGARD RAUTENBACH

@foto_tyd Nikon D60 Nikon 28-300 mm-lens

-

HELGARD VERTEL: Hierdie foto is geneem by die Berg-en-Dal-dam in die Krugerwild­tuin. Ek is net 16 jaar oud, maar fotografie is ’n groot passie. Ek skiet nog met my pa se ou Nikon D60. Dink jy ek moet spaar vir ’n nuwe kamera of dalk tweedehand­s koop?

TOAST SÊ: Buffels lyk altyd asof hulle jou ’n kopstamp wil gee. Maar Helgard se foto wys dié knorries se prettige kant: Hierdie buffel lyk asof hy van oor tot oor glimlag. Dit moet ’n erg lekker moddergat wees.

Selfs ouer kameras kan goeie resultate lewer. Plaas jouself in die beste posisie – en daar’s weinig beter plekke vir wildfotogr­afie as die Krugerwild­tuin – en wees bloot geduldig. By ’n watergat weet jy ook dat die diere een of ander tyd na jou toe sal kom.

Die Nikon D60 waarmee jy skiet, is ’n stewige kamera, Helgard.

Ek het self jare lank hier by Weg die soortgelyk­e D70 gebruik. Maar ja, digitale kameras verouder vinnig, en hoewel jy goeie foto’s met ’n D60 kan neem, sal die gehalte wat jy met ’n nuwer model kry, dadelik sigbaar wees – veral kamerasens­ors het in die laaste paar jaar verbeter. Meer detail en subtiele variasies van lig en kleur word fýner vasgevang.

Tweedehand­s koop kan duur koop wees, tensy die persoon by wie jy die kamera koop, eerlik is. In my opinie is die beste waarde vir geld om (nuwe) modelle te koop wat net éffens verouder is. Byvoorbeel­d, toe die Nikon D7100 ’n paar jaar gelede uitgekom het, het dit die Nikon D7000-model “vervang”. Wat was fout met die D7000? Niks nie. Wat’s anders aan die D7100? Nie veel nie. Maar skielik kon jy die D7000 vir aansienlik goedkoper koop...

Kyk op webwerwe soos orms direct.co.za en outdoorpho­to. co.za vir spesiale aanbieding­e.

En begin solank geldjies wegsit, veral vir ’n goeie lens, want die lens is dalk selfs belangrike­r as die kamera.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa