Weg!

KRISTA STRAUSS

_krista_strauss Nikon D3200 Nikon 18-55 mm-lens

-

TOAST SÊ: Krista en haar broer Adriaan is albei nog op skool in Mookgophon­g (Naboomspru­it).

Hulle ouers woon in Botswana, en die gesin reis gereeld in dié land, maar ook buite die grense. Hierdie foto is in Etosha in Namibië geneem, met Adriaan wat links staan en sy jonger nefie André Strauss regs.

Silhoeëtfo­to’s lyk maklik, maar as jy nog altyd net met jou kamera se outomodus skiet, dan gaan jy nie sommer sukses hê met silhoeëtte nie. Hoekom nie? Op outo weet jou kamera nie dat jy ’n silhoeët wil neem nie.

En met ’n toneel soos hierdie dink jou kamera dat jy ’n foto van die mense wil neem en hulle ordentlik wil belig. Wat gebeur dus? Die kameraflit­s skiet op en verlig die hele toneel – en verblind dalk jou broer wat hier naby staan en jaag die koedoe weg wat doer anderkant by ’n watergat drink...

Nee, verstel jou kamera na die handmodus (met ander woorde, Manual – die “M” op jou kamera se wieletjie). Neem die beligting op die helderste deel van die foto – die lug in die agtergrond. Vat jou fokus op jou voorwerpe in die voorgrond wat die silhoeët maak. Vra een van hulle dalk om effens met die kop kant toe te staan – om ’n profiel te maak sodat dit meer herkenbaar méns is wat daar staan.

Kyk fyn: Adriaan se kop is kant toe gedraai, en dis sy wimper wat jy daar sien, en dís die soort detail wat jou foto in “Mense se lense” laat verskyn!

Puik!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa