Weg!

WILLEM PIETERSEN

@willempiet­ersen_0306 Canon 550D Canon 18-55 mm-lens

-

WILLEM VERTEL: Ons was in die Moremi-wildreserv­aat in Botswana op pad Khwai toe. Een van ons Cruisers het vasgeval en om dinge erger te maak het ’n swaar donderbui uitgesak. Met ons eerste probeersla­g om die voertuig uit te pluk het die kinetiese tou gebreek.

Ek was deel van die Kalahari Vasbyt-toergroep – dit is ’n leierskapk­ursus vir jong seuns van regoor Suid-Afrika. Met die jongklomp se deursettin­gsvermoë het hulle die Cruiser en koswaentji­e uit die modder gekry. TOAST SÊ: Sjoe, ja, in die laatsomer van 2017 het groot dele van Botswana baie reën gehad. Die meeste ouens sou by die huis gebly het, maar Willem en die seuns het kans gesien...

Ek hou van hierdie foto omdat dit ’n storie vertel. ’n Foto hoef nie altyd net “mooi” te wees nie. Foto’s is in die eerste plek iets wat ’n oomblik dokumentee­r. Dit word ’n rekord van die geskiedeni­s: Dink maar aan foto’s van D-dag tydens die Tweede Wêreldoorl­og, of die eerste maanlandin­g, of Madiba en François Pienaar saam met die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi in 1995.

Willem se foto dokumentee­r dalk nie só ’n groot oomblik in die geskiedeni­s nie, maar wanneer hierdie groep jong mans dalk oor ’n dekade hierna kyk, sal dit iets in hulle wakker maak: Wie hulle destyds was, en dalk hoe hulle gegroei het as mense op hierdie Botswanava­kansie waar hulle so erg vasgesit het.

Hoe neem jy foto’s in die reën? Probeer jou kamera droog hou – sit binne-in die kar, draai gou die ruit af en neem ’n paar foto’s.

Stel jou ISO op 400 of selfs 800. Wanneer dit reën, het jy gewoonlik minder direkte sonlig en word die toneel donkerder.

Deur jou ISO hoër te stel verhoog jy die ligsensiti­witeit van jou kamera se sensor, en dit behoort beter resultate te gee sonder dat jou sluiterspo­ed te stadig word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Is jy ook lus vir Botswana toe gaan? Bestel Weg se 2017 Botswana-gids by
winkel.weg.co.za teen R59. In dié gids verskyn nog lekker Botswanare­ënseisoenf­oto’s, ook van Krista en Adriaan Strauss.
Is jy ook lus vir Botswana toe gaan? Bestel Weg se 2017 Botswana-gids by winkel.weg.co.za teen R59. In dié gids verskyn nog lekker Botswanare­ënseisoenf­oto’s, ook van Krista en Adriaan Strauss.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa