Weg!

Energiebol­letjies

- Vir 40 bolletjies Voorbereit­yd 30 minute 1 2 3

Die gewone dadelbolle­tjie kry ’n bietjie skop met matchapoei­er, een van die sogenaamde superkosse. Die bolletjies is ook ewe lekker daarsonder.

Matcha is niks anders nie as groenteepo­eier, en jy sal dit by die meeste gesondshei­dswinkels aantref.

In die plek van die matcha kan jy eksperimen­teer met enige ander superbesta­nddele wat ’n mens by ’n ontbytsmoo­thie gooi – soos rou kakaopoeie­r, spirulina of macapoeier.

Jy benodig

• 2 koppies (200 g) gerolde hawermout • 1 koppie pampoensaa­d,

fyngekap • 1 koppie dadels, gekap • ¼ teelepel seesoutvlo­kkies • 2 eetlepels matchapoei­er • ½ koppie tahini (’n sesam

saadsmeer) • 4 eetlepels rou klapperoli­e • 1 koppie Rice Krispies (of die gesondheid­swinkel se onversoete weergawe)

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 160 ºC. Voer 2 bakplate uit met bakpapier. Bak die hawermout en pampoenpit­te vir 15 minute – roer albei halfpad.

Meng die helfte van die dadels met die helfte van die pampoenpit­te. Voeg die sout, matchapoei­er, tahini en klapperoli­e by. Pols dit in sarsies in ’n voedselver­werker tot goed gemeng.

Meng dit met die res van die dadels, pampoenpit­te en die hawermout en Rice Krispies. Rol die mengsel in bolletjies. Voeg nog klapperoli­e by as die bolletjies sukkel om te bind. Bêre dit in ’n lugdigte houer buite die yskas vir tot een week.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa