Weg!

Lifetime Recreation­tafel en -bankies

-

Sjoe, die deursnee-sementpiek­niektafel lyk soms goor! As hulle nie besaai is met leë bierblikki­es nie, is een van die bankies gekraak of het omgeval. Neem eerder jou eie eetkamerst­el saam. Elke bankie kan 220 kg of twee mense dra. Die bankies vou plat en jy bêre hulle binne-in die tafel. Sodra alles weggevou is, dra jy die hele gedoente soos ’n groot aktetas. R1 750 by Outdoor Warehouse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa