Weg!

VAT ’N LA-A-ANG BREUK

-

Kliphotel Country Store

Hierdie ou hotel het sedert Augustus 2016 nuwe eienaars. Andrew en Sarah Jordaan het uit Stellenbos­ch na die Langkloof getrek. Andrew is ’n sjef – verwag dus heerlike etes! As jy op ’n Sondag hier verby ry, hou stil vir middagete (R100-R130 p.p.). Waar? Langs die R62 tussen Misgund en Haarlem. Kontak 042 275 1061;

kliphotel.co.za

Kontrei Kombuis

Hierdie restaurant­jie is weggesteek agter ’n ou treinstasi­e in Louterwate­r. Die kerrievetk­oek (R20) is gewild in dié gebied – maak seker jy proe een! Waar? Hoofstraat, Louterwate­r. Kontak 083 441 8639 (Veronel)

Joub’s

Hier’s ’n paar goeie opsies in die sentrumpie: Sit aan vir ’n ete by Diner R62, snuffel deur die padstalgoe­dere by die Appelkas of koop wyn by Winery R62. Waar? Langs die R62 in Joubertina. Kontak 042 273 1031

Die Kraaltjie

Ligte etes word vinnig teen goeie pryse berei: Kry ’n wildspaste­i en skyfies vir R45 terwyl die kinders op die trekker en klimraam speel. Waar? Sowat ’n kilometer buite Joubertina op pad na Uniondale. Kontak 042 273 1516

Die Plaaswerf

Hier’s ’n groot tuin vol ou trekkers vir die kinders; en binne is ’n yslike kaggel en ’n gesellige kroegtoonb­ank. Die lamstjoppi­es (R82) is heerlik. Waar? Langs die R62, net buite Kareedouw op pad na Uniondale. Kontak 042 288 0262

Altelekker

Drink ’n yskoue bier of bestel ’n ligte middagete soos ’n roosterkoe­k met kaas en konfyt (R15). Jy kan selfs jou hare by dié koffiewink­el laat sny. Waar? Van Riebeeckst­raat 15, Kareedouw. Kontak 042 288 0748

The Sweaty Dutchman

Hulle spesialite­it is pannekoeke. Probeer een met gestoofde kersies, roomys en room (R52) terwyl die kinders op die klimraam speel. Waar? Langs die R62 in Kareedouw Kontak 042 288 0056

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa