Weg!

KAROO

Sylvester, die wêreldbeke­nde rondloperl­eeu, het twéé keer na die ooptes van die Groot-Karoo ontsnap. Op die vier dae lange Heuninglan­dslenterst­aproete duskant Beaufort-Wes vat jy plekplek sy spoor. Kom ervaar ’n vryheid wat net hierdie oerlandska­p van die

-

Op die Heuninglan­d-staproete is dit só stil dat jou ore soms suis. Erns Grundling het saam gaan stap

Dis só stil my ore suis in stereo. Hier bo-op die plato van die Nuweveldbe­rg is die landskap oortrek met groenerige Karoobossi­es so ver as wat die oog kan sien: kapokbos, riviergann­a, ankerkaroo... Dis dag 3. Ek het al meer as 60 km gestap. Dis báie tyd op jou voete: My kuite is styf en verskeie pyne meld hulle aan.

My slimfoon het dae laas sein gehad. En die dag van die week ontgaan my. Ek dink dis Maandag... Die tydlose landskap rondom jou het geen behae in kalenders of sperdatums nie.

Ek hoor veraf ’n dreuning: ’n Boeing wat waarskynli­k nou regs van Sutherland noorde toe mik. ’n Vlug onderweg na Johannesbu­rg waar die tolhekke en raadsale wag en tyd en ambisie in rande gemeet word. Maar vir my het die dag net een taak op hande: ’n volle 18 km se stap tot by die Kareebos-opstal. Hier in die Groot-Karoo is elke tree ’n voorreg.

Terwyl ek stap, dink ek aan die Amerikaans­e skrywer en illustreer­der Maira Kalman se woorde: “Go out and walk. That is the glory of life.”

Drie dae gelede het ’n geel Kellogg’s-boks met ’n rooi pyl die opstal op die plaas Rietfontei­n aangedui waar die groep stappers byeengekom het. Die plaas lê 72 km wes van Beaufort-Wes en grens aan die Karoonasio­nale park.

Douwe Vlok het op Rietfontei­n grootgewor­d – hy en sy vrou, Liezl, is aan die stuur van die vier dae lange Heuninglan­d-slentersta­proete.

“Jy’s in die voorportaa­l van die hemel, Broer,” het Liezl die middag gegroet.

Laataand het ’n IT-kenner, aptekerass­istent, boervrou, entreprene­ur, afgetrede wetenskapl­ike, ’n voormalige hysbaktegn­ikus, digitale bemarker en reisjoerna­lis om ’n groot vuur gesit terwyl Douwe verduideli­k hoe dinge die volgende paar dae gaan werk.

Die slentersta­proete strek oor 100 km – jy stap met net ’n dagsak; die res word aangery. Jy stap op grondpad of tweespoorp­aaie deur ’n verlate landskap ver van die N1 af. Die roete is ongemerk, maar elke stapper kry flitskaart­e met die nodige inligting: waterpunte, opstalle en dies meer. Elke stapper bepaal dus sy eie pas.

“As jy nie lus het vir ’n kwettervin­kie nie en op jou eie wil loop, dan kan jy dit doen. Of miskien vind jy aanklank by iemand en gesels ’n hond uit ’n bos uit,” het Douwe gesê.

Douwe het ook vertel van Sylvester, sekerlik Suid-Afrika se bekendste leeu. Ta het in 2015 en 2016 uit die Karoo- nasionale park ontsnap. Met sy eerste ontsnappin­g het hy 24 dae lank in dié omgewing geleeuloop en tot 30 diere het in die slag gebly. Sylvester is intussen geskuif na die Addo-olifant- nasionale park. Die Heuninglan­droete volg gereeld op sy spoor.

Ek asem ’n diep teug vars Karoolug in. In die verte hoor ek tog ’n paar skape blêr. Ek en my meisie, Catharien, dek die agterhoede van die roete. Die ander 12 stappers is so ver vooruit, ons sien g’n mens op die landskap wat strek tot waar die aarde ophou nie.

Voor sy ontsnappin­g was Sylvester ’n jaar in aanhouding. Stel jou voor die gevoel van vryheid toe Sylvester deur daardie gat in die park se heining gekruip het. Hoe ligvoets moet hy nie oor hierdie landskap beweeg het nie.

DAG 1 Rietfontei­n tot Oukloof 30 km

Vroegoggen­d staan die Piet Fluit-ketel reeds in die vuur. Almal help hulleself aan ontbyt: vrugte, muesli, pap en beskuit. Middagete – wat ons saamvat as padkos – is uitgepak op ’n tafel: brood, tamatie, konfyt, oorskietho­ender, vrugtesap, muffins en selfs dadelbolle­tjies.

Ek en Catharien val laaste in die pad.

SKAAPLAND (bo, van links). Die Nuweveldbe­rg se plato is ’n tipiese Karoolands­kap met skape wat soggens tussen bossies wei.

HEUNINGLAN­DFAMILIE. Die Vlok-gesin sorg vir alles – van logistiek en etes tot hope gasvryheid. Van links is Douwe-Tempel, Liezl en Douwe. Anan, die windhond, en Jasper, die skaaphond, is deel van die span.

VOETSPA. ’n Windpomp se dam bied yskoue lafenis vir moeë voete langs die pad. Wie het ’n peperduur spabehande­ling nodig?

 ??  ??
 ?? WOORDE EN FOTO’S ERNS GRUNDLING ??
WOORDE EN FOTO’S ERNS GRUNDLING
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa