Weg!

TOE & NOU

-

Philippoli­s, 85 jaar later

Vyf-en-veertig jaar gelede is ’n deel van wat vandag die N1 is, herlê. Dié pad het toe nie meer met die R717 langs deur Philippoli­s in die Suid-Vrystaat geloop nie, maar 40 km daarvandaa­n, oor Springfont­ein. Hierna het Philippoli­s se ses motorhawen­s gekwyn totdat slegs één oor was.

Oor waarom die N1 se roete verander is, hang daar ná al die jare steeds ’n vraagteken, maar dis moontlik omdat die regering destyds wou spog met die nuwe Verwoerdda­m. Die dam (vandag die Gariepdam) is neffens die N1 en immers steeds die grootste in die land.

Die R717 tussen Colesberg en Philippoli­s loop om en oor talle mooi klowe en koppe, wat padbouwerk bemoeilik. ’n Pad met draaie het dikwels meer motorongel­ukke, en die insleepdie­nste op Philippoli­s het gedy.

Dié “Toe”-foto is rondom 1932 voor Hattingh se Garage langs die Jacobson-gesin se Victoriaan­se herehuis geneem. Hoewel daar op die motor “Crash Squad” staan, het hy ’n Kaapstadse nommerplaa­t en daar is geen sleepstang nie. Boonop is die woord “film” daarop te sien. Dié voertuig het dus waarskynli­k niks te doen gehad met ’n regte insleepdie­ns nie.

Toe het dié straat nog Kerkstraat geheet, maar dit is kort daarna, in 1938, herdoop tot Voortrekke­rstraat vanweë die herdenking van die Groot Trek. Die hoofstraat was toe nog nie met bome omsoom soos deesdae nie.

Helaas is Hattingh se Garage wat uit ’n dubbelverd­ieping bestaan het, dekades gelede al gesloop en dié ruimte doen nou diens as die Nienaberpl­ein. Wat ’n jammerte is dit nie dat die brandstofp­omp waar DKWpetrol te koop was, verlore is nie!

Die Jacobsons het later die huis aan die munisipali­teit geskenk en dis nou Philippoli­s se biblioteek. Dié perseel en die aangrensen­de Transgarie­p-museum is onlangs teen miljoene rand deur die Vrystaatse regering gerestoure­er en sien nou mooier daaruit as destyds.

Terloops, as jy die alternatie­we roete tot die N1 deur Philippoli­s vat, kan jy seker wees jy ry ’n stiller pad wat ook 7 km korter is. Maar sorg dat jy brandstof ingooi op Trompsburg of Colesberg, want die plaaslike garage is net van agt tot vyf oop – en op Sondae dikwels tot net ná kerk.

– Jens Friis

Loer by philippoli­s.org.za of philippoli­s.co.za vir meer inligting oor die oudste nedersetti­ng in die Vrystaat.

 ??  ??
 ??  ?? REK DIE BENE. Die verlegging van die hoofpad tussen die Kaap en Johannesbu­rg was vir motorhawen­s in Philippoli­s ’n groot terugslag – net een van die ses het oorgebly. Ook Hattingh se Garage bestaan nie meer nie.
REK DIE BENE. Die verlegging van die hoofpad tussen die Kaap en Johannesbu­rg was vir motorhawen­s in Philippoli­s ’n groot terugslag – net een van die ses het oorgebly. Ook Hattingh se Garage bestaan nie meer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa