Weg!

MENSE SE LENSE

-

’n Hiëna met wegneemrib­betjies en Port St. Johns opgedollie vir dagbreek – bespreek Toast vandeesmaa­nd dalk jóú foto?

@bomber0707 Nikon D750 Sigma 120-300 mm-lens

BOMBER SKRYF: Hierdie hiënawyfie is padlangs tussen Shimuwini en Mopani in die Krugerwild­tuin afgeneem. Sy het dié ribbes (dalk ’n buffel s’n?) elke slag vir sowat 50 m gedra voordat sy dit neergesit, haar greep verander en dan weer opgetel het om verder te dra. Dit was duidelik swaar werk!

Ons het haar omtrent 40 minute lank al met die pad langs gevolg, maar haar later agtergelaa­t.

TOAST SÊ: Dierefoto’s wat unieke gedrag toon, is altyd interessan­ter as ’n skoot van die dier wat net daar sit of lê en niksdoen.

Bomber se hiëna is duidelik op ’n missie. Dalk is daar kleintjies iewers versteek wat wag dat Ma iets te knage bring? Of dalk hou sy daarvan om in stilte te eet...

’n Mens weet nooit wat volgende in die natuur gaan gebeur nie. Wanneer jy die tyd het, volg ’n dier wat lyk asof hy met iets verdags besig is.

Ek hou van die effense lae hoek waaruit die foto geneem is. Dis natuurlik nie toelaatbaa­r om in die wildtuin uit jou motor te klim nie.

Jy moet dus die terrein lees en jou kar só posisionee­r dat jy laer as jou voorwerp is. Deur die hiëna vir ’n ruk te volg kon Bomber dit maklik regkry.

Spur kan hierdie dalk gebruik as advertensi­emateriaal: enetjie vir die pad?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa