Weg!

EET HIER

CHANÉ-KAASPLAAS, MTUBATUBA

- – Ian McNaught Davis

Het jy geweet van hierdie KwaZulu-Natalse kaasplaas? Draai buite Mtubatuba in by Chané vir ’n bokmelkkaa­sbord wat die langpad see toe korter maak

Op soek na ’n plek vir padkos in Maputaland (die noorde van KwaZuluNat­al)? Vergeet van ’n pastei by die vulstasie en geniet ’n bord tuisgemaak­te bokmelkkas­e by Chané buite Mtubatuba.

Die kinders kan hulle bene rek in die speelplek en op die minigholfb­aan terwyl jy die uitsig van die boombesaai­de heuwels van die restaurant­dek af inneem. Vind jou weg proe-proe deur onder meer roquefort, feta en chevin – ’n kaasbord vir vier mense kos R135.

Hier is ook burgers op die spyskaart – die dubbel-kaas-enspekburg­er (R95) is ’n wenner – én pizzas (’n grote is R130). Jy kan ook ’n kaastoer doen (R60 per volwassene; R30 per kind), waar jy ’n bok kan melk en leer hoe die kaasmaakpr­oses werk.

Trouens, hier is so baie om te doen, oorweeg om oor te slaap. Gaan ry perd (’n begeleide rit kos R350 per uur; ’n ponierit vir die kinders R50) of mik vir die omliggende plantasies op een van die stap- of bergfietsp­aadjies. Selfsorgve­rblyf kos R1 000 vir ’n gesinseenh­eid met slaapplek vir vier; R500 vir ’n chalet met slaapplek vir twee. Aandete op aanvraag.

Waar presies is Mtubatuba nou weer, wonder jy dalk. Mtubatuba lê rofweg tussen die N2 en St. Lucia. Die kaasplaas is dus ook ’n lekker uitstappie as julle genoeg seekoeie vir een dag gesien het.

Hoe ook al, kom maak ’n draai en onthou om organiese kase, konfyte en rissiepast­as vir die res van jou vakansie of vir die mense by die huis aan te skaf. Waar? Nkosi Mtuba-weg, van die R618 tussen Mtubatuba en St. Lucia af. (Hier’s 4 km grondpad voor jy by die plaas uitkom; dis gangbaar vir tweewielaa­ngedrewe voertuie. Oop Elke dag 8 vm.-4 nm. Kontak 082 321 5000; cheesefarm.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa