Weg!

Krugergids in die kol

-

Ek en my vrou, Rosemarie, het onlangs in ’n ryhuis van suid na noord deur die Kruger gery. Ons het net vyf nagte in die park deurgebrin­g en gereken met ’n ryhuis sou daar meer tyd wees vir wildkyk, want ons sou nie die beslommern­is hê van tent op- en afslaan nie.

Ons het Weg se 2017 Krugergids aangeskaf vir die vakansie. My vrou het die stories en wenke hardop gelees terwyl ons ry – die gids was elke keer in die kol. Soveel so dat ons later nie eens meer gewik het nie; ons het net gedoen wat die gids voorstel!

NORBERT HANNWEG, Pretoria

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa