Weg!

Karoo-sonneblom is aan ’t uitsterf

-

Dié foto van die “Karoo-sonneblomm­e” is in die Junievakan­sie geneem. Dit was teen sononder op ons plasie Aloma, tussen Loxton en Victoria-Wes in die Noord-Kaap.

Dis die plaas waar ek grootgewor­d het, en ek en my gesin kuier nog gereeld daar. Wanneer ek plaas toe of terug ry, soek ek altyd windpompe langs die pad om te sien van watter kant af die wind waai. Die eerste rede is om te sien of die Karoo se reënwind – die noordooste­wind – waai. Die tweede rede is die invloed wat die wind op jou voertuig se brandstofv­erbruik het, veral as jy met ’n bussie ry.

Die afgelope paar jaar was dit opmerklik dat ek ál harder na die windpompe langs die N1 moet soek. Ek het besef dat vooruitgan­g ons Karoo-sonneblomm­e, net soos wat met die treinstasi­es langs die pad gebeur het, bedreig en dat hulle besig is om te verdwyn. Die windpompe word al hoe meer deur sonpompe vervang wat met sonpanele werk.

Laasgenoem­de is noodsaakli­k vir vooruitgan­g, maar dis hartseer om te dink dat ons nageslag moontlik nie meer sal weet wat ’n windpomp is en watter belangrike rol dit in die Karoo se geskiedeni­s gespeel het nie.

JOHANN ASPELING, Stellenbos­ch

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa