Weg!

Mtentu is tops

-

Ek is bevoorreg om drie wonderlike reismaats te hê: My vriendin Elize, haar dogter Claudelle en my dogter, Helena.

Ons het die afgelope twee Junievakan­sies na die Wildekus getoer. Ons vier is gaande oor watervalle en ry draaie om watervalle te besoek. Verlede jaar het ons die Tsitsa-, Magwa-, Angel-, Frere- en Waterfall Bluff-waterval besoek.

Hierdie jaar het ons gebly in die Mtentu Lodge, sowat 50 km suid van Port Edward ( mtentulodg­e.co.za). Dis nie maklik om daar uit te kom nie, maar die moeite werd. Ons het heerlik gekuier en die Mtenturivi­er met kano’s verken om nog drie watervalle te besoek – die Swallow’s Tail-waterval was ’n hoogtepunt.

Allan en Elena Hein doen wondere om die lodge reg te ruk. Die kos is uit die boonste rak en die safaritent­e het ’n mooi uitsig oor die see en riviermond­ing.

ANNAMARI ANNANDALE,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa