Weg!

Dankie, Philipstow­n

-

Die brokkie oor Philipstow­n in die September-uitgawe het my laat verlang. Ek het in die middel jare tagtig twee jaar op dié wonderlike dorpie in die Noord-Kaap gebly.

Toe ek hoor ek word soontoe verplaas, het ek nes duisende ander Suid-Afrikaners nie eens geweet waar dit is nie.

My dogter het haar skoolloopb­aan op Philipstow­n begin. Haar maats is ’n jaar voor haar ingeskryf en dit het haar nie gepas nie; sy het deur die dag weggeloop skool toe en saam met hulle klasgedraf. Die skoolhoof het geen beswaar gehad nie en sy is die volgende jaar amptelik in die skool opgeneem.

In die wintermaan­de was jag aan die orde van die dag. Een van die boere het elke jaar op 31 Mei ’n jagdag op sy plaas gehou. Op die plaas aangekom, mog niemand die motor verlaat sonder uitnodigin­g nie. Eers ontvang die bestuurder ’n glasie sjerrie teen die koue en dan word die proses herhaal. Links voor, regs agter en laaste links agter. Die aand word daar groot geëet en aan tafel gekuier.

Daar word vertel dat Philipstow­n bo-op ’n ondergrond­se meer ontstaan het – ek het gesien hoe water uit ’n nuwe boorgat die lug inspuit. Die foto is maar swak, maar dit wys dat dit soms daar sneeu. Groete aan al die mense van Philipstow­n en baie dankie vir julle bydrae tot my lewe.

JOHAN DU TOIT >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa