Weg!

Het jy iets ongewoons afgeneem? ’n Leeu wat lus is vir ’n buffer? ’n Ongewone verhouding tussen jou tuinvoëls? Stuur jou vrae na redakteur@weg.co.za

-

THYS DURAAN van Secunda skryf: Ek het hierdie diederik saam met wat vir my na ’n kanariewyf­ie lyk, in my tuin gesien. Ek het die twee ’n paar dae lank dopgehou en opgemerk dat die kanarie naarstigte­lik kos soek om die “kleintjie” se bekkie stil te hou, en dat die kuiken nooit ver van die kanarie af is nie. Ná ’n paar dae het ek hulle nie meer gesien nie. Ek glo die kanarie het besluit die kuiken is groot genoeg om sy eie kos te soek – die kuiken het die volgende dag alleen in die boom gesit en roep, maar geen kanarie was naby nie. Die diederikki­e het later padgevat. Is dit normale gedrag?

Die voëlkenner PETER RYAN antwoord: Wat Thys hier sien, is algemene gedrag. Die geler voëltjie is nie ’n kanarie nie, maar ’n vink – dit lyk na ’n swartkeelg­eelvink. ’n Diederik is ’n soort koekoek en ook ’n broeiparas­iet (hulle is dan ook in Engels “diederik cuckoos”). Nes koekoeke lê diederikke gereeld eiers in vinke se neste, veral bontrugwew­ers en swartkeelg­eelvinke s’n.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa