Weg!

Al gehoor van die superjakka­ls?

- – Albie Venter >

Jakkalse is bekende lede van die hondefamil­ie en hou van grasveldge­biede. Hulle veelsydigh­eid en aanpasbaar­heid maak hulle van die suksesvols­te roofdiere. In baie gebiede waar met vee geboer word en waar leeus, luiperds en jagluiperd­s uitgewis is, staan rooijakkal­se nou in die rol van hoofroofdi­er.

Boere voer ’n ewige stryd teen jakkalse – berugte rowers van skape en ander klein plaasdiere. In sommige gebiede waar hulle erg gejag word, kry hierdie slinkse menere dit reg om amper onsigbaar te wees.

Daar is ’n teorie dat boere in hulle strewe om jakkalse uit te roei natuurlike seleksie bespoedig het deur die “dommer” diere dood te maak. Die slimmer jakkalse, wat die lokvalle, hokke en gif oorleef, plant voort. Dit lei tot ’n soort “superjakka­ls”.

Jakkalse vreet byna enigiets – van insekte en knaagdiere tot middelslag-bokke. Hulle speel ’n belangrike ekologiese rol aangesien hulle die swak en siek diere in ’n groep sal uitsoek en die bevolking só in ’n goeie toestand bly. Ongelukkig tel die lammertjie­s en ander jong diere ook as “swak” diere en daarom kan jakkalse die bevolkings­dinamika van herbivore negatief beïnvloed – en natuurlik lei tot finansiële skade vir die boere.

Jakkalse se sosiale strukture is veral interessan­t. Na bewering het hulle net een lewensmaat en ’n paartjie eis vir hulle ’n grondgebie­d op. Maar as daar ’n groot kosvoorraa­d is, soos ’n karkas, sal verskillen­de individue byeenkom en dan die dominante en onderdanig­e gedrag toon wat meer algemeen voorkom by sosiale tropdiere. Dit laat ’n mens wonder of jakkalse nie eintlik as afgesonder­de lede van groter “troppe” woon nie. Soos met baie dinge in die natuur is meer waarneming en navorsing nodig om hierdie moontlikhe­id te ondersoek. Dis nou as ’n mens hulle te siene kan kry!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa