Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe kom ek daar? Die park is rofweg tussen Bethlehem (sowat 55 km) en Harrismith (sowat 45 km). Indien jy van Bloemfonte­in af kom, hou in gedagte dat daar tans gewerk word aan die N8 tussen dié stad en Ladybrand. Ry eerder met die N5 na Bethlehem. Waar eet ek? Die Glen Reenenrusk­amp het ’n winkeltjie met basiese benodigdhe­de soos hout, vuuraanste­kers, blikkiesko­s, brood, melk, ys en selfs ‘n paar hemde en hoede.

Dagbesoeke­rs kan aansit by die Golden Gate-hotel se restaurant. Bespreek liefs vir ontbyt en aandetes. Tussen 10 vm. en 6 nm. is die koffiewink­el oop waar jy ligte etes soos geroosterd­e broodjies, gevulde pannekoeke en slaaie kan bestel.

Net buite die westelike ingangshek is twee padstalle: By Di Bus Stop ( dibusstop.co.za) kan jy in ’n ou rooi bus weglê aan gevulde pannekoeke. Die biltong is ook aan te bevole. Sugar and Cinnamon ( 082 382 3515) het goeie koffie en hulle boere-ontbyt (R80) is gelaai met boerewors en steak. Hier is ’n kaggel vir die kouer dae en hulle het allerhande mooi kuns en geskenke.

Clarens is slegs 20 km van die park af en hier is heelwat restaurant­e en kleinerige kruidenier­swinkels. Beste tyd om te gaan? Somer is reënseisoe­n: die park is grasgroen met klein watervalle en helder waterpoele. Die winter is ysig, maar die bergspitse is vol sneeu en die meeste huisies het kaggels.

Herfs is mooi – dit raak effe koel in die aande; pak dus ’n warmding. Lente kan vaal en droog wees. Maar as die reëns vroeg val, begin dit gou mooi lyk. Hoe lyk die paaie? Al die paaie is geteer. Die tweespoors­ementpad na die Highland Mountain Retreathou­thuisies is plek-plek steil, maar in ’n goeie toestand. Brandstof. Hier is ’n klein motorhawe met brandstof by die Glen Reenen-ruskamp. Toegang en hektye. Die R712 loop deur die park; dus betaal ’n mens nie toegang om in of deur te ry nie. Die hekke is meestal oop. As jy in die park gaan rondry, betaal jy die bewaringst­arief (R48 p.p.p.d. en R24 per kind) by die Glen Reenen-ruskamp. Kontak 058 255 1000;

sanparks.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa