Weg!

ELMAR VENTER

-

Canon 5D Mk. III Canon 17-40 mm-lens

ELMAR SKRYF: Ek het drie dae lank elke middag na hierdie plek by Kogelbaai (naby Gordonsbaa­i in die Wes-Kaap) gery met die hoop om ’n treffende foto te neem.

Die eerste twee middae was wolkloos, en hoewel dit steeds ’n mooi toneel was, was daar net nie genoeg om die foto te laat uitstaan nie. Die derde middag het mooi cirruswolk­e ekstra oemf aan die landskap verleen.

Ek het ’n stadige sluiterspo­ed gekies en vir ’n brander gewag sodat die water die voorgrond vul. TOAST SÊ: Ekstra oemf is wat ons soek hier by “Mense se lense”!

Elmar het ’n driepoot gebruik, wat dit moontlik gemaak het om ’n stadige sluiterspo­ed van 1/20 van ’n sekonde te gebruik.

Doen gerus die moeite om jou driepoot saam te dra ( ja, ja, dis swaar!) vir landskapto­nele, selfs wanneer die lig nog goed is. Met ’n driepoot aan jou sy openbaar nuwe fotogeleen­thede hulleself. Skielik kan jy nou daai wasige watervalfo­to neem waarin die water soos watte lyk. Of gee die golwe lewe – ’n gevoel van beweging – soos Elmar gemaak het.

Deur ’n stadige sluiterspo­ed korrek aan te wend kan jy enige landskapfo­to meer woema gee. Selfs wanneer die wind deur lang gras waai, verrig ’n stadige sluiterspo­ed wondere.

Sonder ’n driepoot kan jy nie regtig foto’s neem met ’n sluiterspo­ed stadiger as sowat 1/60 van ’n sekonde nie.

Elmar se puik see-en-berglandsk­ap is die soort foto wat jou behoort te oortuig om volgende keer jóú driepoot saam te dra. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa