Weg!

SIMONE LOMBAARD

-

@simmy2222 Nikon D3100 Nikon 18-55 mm-lens

SIMONE VERTEL: Ek woon in Mthatha, maar besit ’n kothuis in Port St. Johns waarheen ek so twee keer per maand gaan vir rus en vrede.

Die sonsopkoms dié oggend was eenvoudig perfek – die kleure was ongeloofli­k, en ek’s net bly ek was daar om dit te sien.

TOAST SÊ: Ja, hierdie foto gaan oor besondersh­eid. Ons is bederf in Suid-Afrika, want tonele soos dié is vir baie van ons toeganklik.

Die lig was dalk net vir minute – of sekondes – so mooi soos dit hier lyk.

Die les hier is jy moenie tyd mors nie. Moenie te lank dink nie. Skakel jou kamera aan en neem die foto. Jy kan later verstellin­gs maak: Vang eers die oomblik vas.

Simone se horison is ’n bietjie skeef, maar dit werk op ’n manier in hierdie komposisie.

Die oranje-pienk-rooi lug is een ding, maar dis die weerkaatsi­ng van die kleure op die nat sand op die voorgrond wat die foto een maak waarmee jy maar op Facebook of Instagram kan spog.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa