Weg!

JONATHAN MCCORMICK

-

@jofferspho­tography_ Canon 7D Mk. II Canon 100-400 mm-lens

JONATHAN VERTEL: Ek werk in die Krugerwild­tuin as veldgids. Ons het vroeg een wintersogg­end van die Singita Lebombo Lodge af uitgery.

’n Spoorsnyer saam met wie ek werk, het skielik gesê ek moet die voertuig stop en terugstoot. Dit het ’n paar minute geneem voor al die gaste dié Europese naguil kon raaksien. Omdat naguile uiteraard nagvoëls is, was dit ’n seldsame gesig om een in die dag te sien.

TOAST SÊ: Jonathan se foto wys ’n redelik algemene voël soos ons hulle selde sien – naguile is meer dikwels ’n voël wat jy hoor, of dalk vinnig sien opvlieg in jou kar se kopligte wanneer jy iewers in die donker op ’n verlate grondpad ry.

Sy verstellin­gs was: sluiterspo­ed 1/50 van ’n sekonde, lensopenin­g f5.6 en ISO 400. Daai sluiterspo­ed grens aan kansvat, want dit is baie stadig vir so ’n groot zoemlens. Jonathan kon egter steeds daarin slaag om die kamera stil genoeg te hou sodat geen ooglopende kameraskud sigbaar is nie.

Ek hou van hoe die naguil duidelik uitstaan teen die agtergrond – danksy die zoemlens en die lae f-stop van f5.6 – ondanks die feit dat die voël andersins goed gekamoefle­er is op die tak. Die beste van als is die naguil se oog wat glinster. Dít maak Jonathan se foto spesiaal. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa