Weg!

EDDIE COOMBES

-

Canon 550D Canon 18-135 mm-lens

EDDIE VERTEL: Jy het geluk én geduld nodig om ’n foto soos dié te neem. Ek was in die Krugerwild­tuin naby die Sirheni-kamp.

Daar was twee klipspring­ers op die koppie – een was egter meestal buite sig onder die kremetart. Dié een het egter op die regte tyd op die regte rots geklim. Boonop het hy geposeer – seker vyf minute lank – eers diékant toe, dan daai kant toe!

My vriend het bestuur en kon die voertuig trek soos ek dit wou hê. Ek het die kamera en lens laat rus op ’n boontjiesa­k wat aan die venster gemonteer is – vir meer stabilitei­t. My sluiterspo­ed was 1/640 van ’n sekonde teen f13 en ISO 800.

TOAST SÊ: Eddie het die laaste minute se daglig reg benut – dit was al amper sesuur toe hy dié wenner van ’n foto geneem het, maar deur sy ISO op 800 te stel (en sodoende die kamerasens­or meer ligsensiti­ef te maak) kon hy steeds ’n vinnige sluiterspo­ed gebruik.

Al die beste elemente van ’n goeie silhoeëtfo­to is hier teenwoordi­g. Omdat die koppie hoër as die omliggende landskap is, staan dit perfek uit teen die laatmiddag se oranje lug. Nou kan die twee ikoniese silhoeëtte – die klipspring­er en kremetart – tot hulle reg kom. Dit sou selfs sonder die klipspring­er ’n sterk foto gewees het, maar dis die klipspring­er wat dit ’n klassieke Kruger-oomblik maak. Die komposisie is perfek, met die bokkie wat die hoek links onder in die foto anker, en die boom wat die res van die raam vul.

Die kersie op die koek? Die horinkies wat netjies uitstaan.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa