Weg!

Manyaramee­r- nasionale park

-

Soos met Tarangire is die Manyaramee­r- nasionale park een van die kleiner parke waar toeriste gewoonlik aandoen op pad na Ngorongoro en Serengeti verder wes. Ons toerprogra­m het net een dag toegelaat vir Manyara, maar twee sou beter wees. Ten minste kry jy baie gedoen binne die Manyaramee­rnasionale park binne op dag.

Jy is nou in deel van Afrika se Groot-Skeurvalle­i, en die geografie veroorsaak dat die streek verskeie besonderse mere het. (Ons was ook spyt dat ons nie ekstra dae gehad het om verder noord na die Natronmeer te ry nie.) Die wildkykpad loop al teen die westelike oewer van die meer langs. Ons het gery tot by die uitklimple­k by die warmwaterb­ron waar jy met ’n verhewe plankiespa­d kan uitstap oor die warmwaterb­ron en die meer. Groot getalle watervoëls soos groot- en kleinflami­nke hou hier. Ons het elders ook onder meer witpelikan­e (foto op hierdie blad), Rüppel se spreeus, rooi-en-geel houtkapper­s, ’n kroonarend en ’n breëkopare­nd gesien.

Die Manyaramee­r- nasionale park is bekend vir sy leeus wat boomklim, maar ons het hulle nêrens gewaar nie, vergeet nog van in ’n boom! Olifante, dik-dikkies, sebras, buffels, rooibokke, bosbokke, bobbejane en blouape (ander ape as ons blouaap) het wel ons lysie gehaal.

Lees ook Toast Coetzer se artikels oor Ngorongoro (Weg #151) en die Serengeti (Weg #152).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa