Weg!

Bring-en-braai enige plek met MadKon

-

Dis uiteindeli­k tyd vir julle 4x4- of kampvakans­ie en braai moet daar gebraai word. Maar hoe gemaak as die pakplek min is? Die kompakte MadKonbraa­i is die antwoord!

Of jy nou met vakansie gaan, piekniek hou, of in ’n woonstelge­bou bly – die MadKon- draagbare braai maak dit moontlik om énige plek te “bring en braai”. Wanneer dit opgevou is, is dit slegs 60 mm hoog, en die gewig wissel tussen 8 en 12kg, afhangend van die grootte wat jy kies.

’n Mens het nie ’n ingenieurs­graad nodig om die MadKonbraa­i op te slaan nie. Tel dit eenvoudig aan die handvatsel­s op en siedaar, die pote vou vanself uit en jy kan begin braai! As die braai eers afgekoel het, vat dit net 5 sekondes om op te slaan. Jy kry ’n drasak van skeurbesta­nde materiaal saam, wat dit nog makliker maak om te vervoer.

Sy kompakthei­d beteken egter nie dat die MadKon-braai nie stewig is nie. Dis gemaak van 1,2 mm-3CR12-vlekvryest­aal, wat verhard (“temper”) en sterker word elke keer as dit verhit word: ideaal vir ’n braaiplek.

Jy kry ’n plat rooster en twee los handvatsel­s – alles van vlekvryest­aal – by en die braai het ingeboude roosterver­stelplekke en ’n windskerm.

Kies tussen twee groottes: die MadKon 600S- en die MadKon Ammo Box-braai. Die 600S is groter – 630 (h) x 370 (b) x 650 (l) mm wanneer oopgevou – en die Ammo Box se afmetings wanneer oop is 420 (h) x 315 (b) x 440 (l) mm.

Prys R3 700 (Ammo Box); R3 050 (600S); by Outdoor Warehouse en verskeie kleinhande­lwinkels

084 254 8212 (Konrad) madkon.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa