Weg!

Laai dit reg

-

Batterye is duur. As jy nie mooi na joune kyk nie, gaan dit nie hou nie. Om dinge erger te maak, is die meeste voertuigre­ise – anders as wat mense glo – nie lank genoeg om ’n diepsiklus­battery ten volle te herlaai nie. Dis hoekom jy jou ekstra battery aan ’n Intelligen­t Maintenanc­e-laaier moet koppel wanneer jy dit nie gebruik nie. Doen jy dit nie, beskadig jy die battery permanent.

Ná uitgebreid­e navorsing oor batteryteg­nologie en her-/ontladings­kurwes, het dit duidelik geword dat die onderwerp van battery-instandhou­ding tot ’n groot mate geïgnoreer word. Dis hoekom National Luna meer as drie jaar belê het in die ontwikkeli­ng van hierdie laaier. Dit het ’n agtstap-laaiprogra­m, waarmee die laaier jou battery optimaal ontleed en herstel. Die beste van alles is dat jy dit vir ’n onbepaalde tyd gekoppel kan hou, sonder om die risiko te loop dat jy die battery sal beskadig of oorlaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa