Weg!

Laat daar lig wees

-

Hier’s die ding met buitelug-beligting: Partykeer het jy baie nodig; ander keer soek jy minder. Die enigste ding erger as ’n fel kamplig wat die atmosfeer bederf, is ’n pieperige lig waarmee jy niks kan sien nie.

National Luna het ’n uitgebreid­e reeks LED-kampligte, wat almal verskeie helderheid­sverstelli­ngs het, van sag-op-dieoog tot verblinden­d helder. Elkeen het ook ’n tweekleur-modus (rooi of geel), wat nie insekte lok nie. Dit het selfs ’n nuttige blou lig agterop, sodat jy dit maklik kan kry in die donker (ideaal vir woonwa-eienaars).

Elke lig is waterweren­d, het ’n polikarbon­aatlens of -verspreier wat byna onbreekbaa­r is, en ’n ingeboude batterybes­kermingsfu­nksie wat die lig outomaties afskakel om te verhoed dat dit jou voertuigba­ttery laat afloop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa