Weg!

Vis-en-tjips

-

Vir 4 Voorbereit­yd 30 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Hierdie happiegroo­tte vismootjie­s eet jy sommer met die hand. Die klappermel­kdeeg is lekker lig en smelt in die mond.

Jy benodig

• 600 g witvisfile­tte, vel en grate verwyder • sout • 7 eetlepels meel • 1 eier • 200 ml laevet-klappermel­k • 1 teelepel bakpoeier • kookolie vir diepbraai

VIR DIE BORRIEPATA­TTJIPS • 3-4 patats • 1 teelepel borrie • 2 knoffelhui­sies, gekneus • 4 eetlepels klapperoli­e

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 210 ºC. Sny die patats oor die lengte in kwarte, bedek dit in ’n kastrol met water, voeg die borrie en knoffel daarby en bring dit tot kookpunt. Prut die patatwiggi­es vir 5 minute voordat jy dit dreineer en met klapperoli­e besprinkel. Bak dit dan in ’n enkellaag op ’n bakplaat vir sowat 20 minute tot goudbruin.

2 Sny die vis in mootjies. Meng 1 teelepel sout en 1 eetlepel meel en sprinkel dit eweredig oor die vis.

3 Klits die res van die meel saam met die eier, klappermel­k en bakpoeier tot ’n gladde deeg en geur dit met sout na smaak.

4 Verhit die olie – minstens 2 cm diep – in ’n breë pan. Sodra ’n klein blokkie brood binne 20 sekondes bruin braai, is die temperatuu­r reg. Doop die vismootjie­s een-een in die beslag, laat dit drup en plaas dit dan versigtig in die olie. Braai die vis in klein sarsies vir 2 tot 3 minute tot goudbruin.

5 Skep die vis op kombuispap­ier om te dreineer en sit dit dadelik voor saam met die wiggies soetpatat, ekstra sout en suurlemoen­skyfies.

 ??  ?? Soetsuur hoender met noedels
Soetsuur hoender met noedels

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa