Weg!

Poke

-

Vir 2 Voorbereit­yd 15 minute

Sushi-slaaibakki­es word “poke” genoem en is deesdae groot nuus. Hoewel sushi vrekmoeili­k is om te maak, is hierdie slaaibakki­es nie net fraai en gesond nie, maar ook so maklik soos rys kook!

Jy benodig

• ½ ui • 4 eetlepels olie • 150 g sushirys (of basmati) • 300 g rou salm of tuna • 1 wortel • ¼ komkommer • ½ avokado,

in skyfies gesny • ½ koppie vars ertjies, gestoom

en afgekoel • 2 radyse, dungesny • 2 eetlepels sesamsaad • 1 vel nori, gesnipper • 2 eetlepels mayonnaise • 1 eetlepel sriracha-sous

(of ander rissiesous) • 5 eetlepels sojasous • 1 eetlepel sesamolie • 4 eetlepels gekapte sprietuie

Só maak jy

1 Sny die ui in papierdun ringetjies en braai dit in die olie tot bros. Skep dit uit en hou eenkant.

2 Kook die rys volgens die aanwysings op die pakkie. Sprei die gaar rys dan op ’n bord in die yskas uit om vinnig af te koel.

3 Sny die vis in 15 mm-dobbelstee­ntjies en hou dit in die yskas.

4 Gebruik ’n aartappels­killer om die wortel en komkommer in dun linte te sny.

5 Sit die slaaibakki­es aanmekaar deur ’n porsie rys in elke bakkie te skep en dan ’n paar linte wortel en komkommer, ’n paar blokkies vis, avokado, ertjies en radyse bo-op te rangskik. Rond dit af met ’n bietjie sesamsaad, nori en die gebraaide uie as garnering.

5 Meng die mayonnaise en srirachaso­us. Meng ook die sojasous, sesamolie en sprietuie. Sit die poke dadelik voor – elkeen kan na smaak van die souse oorskep.

 ??  ?? Poke
Poke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa