Weg!

Koel, kalm chenin blanc

- – Cathy Marston

Chenin blanc is ’n variëteit wat nie altyd na waarde geskat word nie. ’n Mens kan dit op soveel verskillen­de maniere interprete­er – vir enige seisoen of bui. Probeer dié drie wyne en jy sal sien wat ek bedoel. Die wonderlike ding van chenin is dat ’n mens nie baie geld hoef uit te gee vir gehalte nie. Goeie geur en hope karakter is byna altyd gewaarborg. Die Leopard’s Leap Chenin Blanc 2017 (R46) is geen uitsonderi­ng nie. Die druiwe kom dalk van ’n groot wynplaas af, maar die vruggehalt­e is steeds uitstekend – die ongehoute wyn het tropiese note en vars suurheid. Koel dié somer met ’n glas hiervan af as die kwik styg.

Die Standard Bank Chenin Blanc Top 10 Challenge is een van Suid-Afrika se invloedryk­ste wynkompeti­sies. Hierdie jaar was die Windmeul Kelder Reserve Chenin Blanc 2016 (R80) een van die kompetisie­treffers – ’n wyn met uitsonderl­ike gehalte vir die prys. Dit word van druiwe uit die Paarl-streek gemaak en die vrugte het ’n bietjie tyd in eikehout deurgebrin­g, wat dit ’n ryk, romerige smaak gee. Dis die ideale wyn om te drink terwyl die son sak.

Die wynplase in die Breedekloo­fvallei naby Rawsonvill­e het in die algemeen in die verlede eerder op hoeveelhei­d as gehalte gefokus. Nie meer nie. Die Merwida Family Vintners Chenin Blanc 2016 (R120) is die eerste premiumwyn van dié familielan­dgoed. Die wynmaker Lieza van der Merwe gebruik goedgevest­igde wingerde en ou vate om ’n elegante wyn met rykheid en diepte te skep, met ’n wakker suurheid en sitrusgeur­e. Bederf jouself!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa