Weg!

SÓ HET ONS GETOETS

In elke koelboks het ons 7,5 kg ys gesit en dit vir vyf dae daar gelos (die dagtempera­tuur was gemiddeld 23 ºC). Elke aand het ons die deksel effens gelig en die water uitgetap.

-

1 Leisure Quip Hardbody

Hy lyk dalk goedkoop, maar moenie hierdie koelkis vlak kyk nie. Vir minder as R250 kry jy goeie waarde vir jou geld. Teen die einde van dag 4 was daar een of twee blokkies ys oor, wat verrassend was gegewe die prys. Hy is te klein vir ’n groot gesin, maar daar’s genoeg plek vir tjoppies en wyn vir twee. VOLUME 26 ℓ YS NÁ 4 DAE Geen R235 by takealot.com

2 Igloo Island Breeze Combo

Hierdie koelkis se deksel maak te maklik oop en dit beteken dat hy nie goed genoeg seël nie. Teen die einde van dag 4 was daar geen ys te vinde nie. Die koelkis is wel voldoende vir ’n dag op die strand en jy kry ’n 940 ml-kannetjie en ’n oulike kosbak op die koop toe. VOLUME 45 ℓ YS NÁ 4 DAE Geen R1 100 by Outdoor Warehouse

3 Camp Master Safari-koelkis

Dis ’n aantreklik­e koelkis en ons hou veral daarvan dat hy nie te veel rondings en fieterjasi­es het wat plek mors nie. Die gespes wat die deksel sluit, lyk sterk genoeg om jare se diens te lewer én dit het gaatjies vir slotjies. Ná vyf dae het hierdie kis nog 1,2 kg van die oorspronkl­ike 7,5 kg ys oorgehad. Puik! VOLUME 45 ℓ YS NÁ 4 DAE 2,4 kg R1 200 by Makro

4 Igloo Maxcold 50

Hierdie koelkis het breë wiele sodat dit maklik oor ’n grasperk na die krieketvel­d sleep. Die boom is ontwerp om minimale kontak met die grond te maak en daar is ’n dreineerga­atjie om water uit te laat. Hy is ruim genoeg vir 69 blikkies, en 2 ℓ-bottels kan regop binne-in staan. Ongelukkig was al die ys teen dag 5 gesmelt. VOLUME 47 ℓ YS NÁ 4 DAE 1,3 kg R1 700 by Outdoor Warehouse

5 Coleman Xtreme 5

Die Coleman het kleiner afmetings as die Igloo Maxcold, maar ongelukkig het sy ys selfs vinniger gesmelt. Daar was ’n bietjie ys aan die einde van dag 4, maar dit kon nie vyf dae haal soos die vervaardig­er beweer nie. Die Coleman is wel beter aanmekaarg­esit – veral die uittrekhan­dvatsel is lekker stewig. VOLUME 47 ℓ YS NÁ 4 DAE 640g R1 800 by Cape Union Mart

6 Chilly Chest 50-koelkis

’n Mens sien hierdie kis dikwels op visskuite en ek wonder soms of daar kingklip of Klipdrif in is. Nes die Camp Master het hierdie kis ook stewige gespes, maar by dié een kry jy ’n prop aan die boom waaruit jy water kan dreineer. Teen dag vyf het dié kis net ’n handjie vol ys gehad. VOLUME 50 ℓ YS NÁ 4 DAE 1,4 kg R2 495 by Outdoor Warehouse >

 ??  ?? 1
3
UITSKIETER
2 REK JOU RANDE
1 3 UITSKIETER 2 REK JOU RANDE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa