Weg!

SÓ HET ONS GETOETS

Ons het bottels koue water (3,5 ºC ) in elke koelsak gesit en dit vir 10 uur daar gelos. Toe het ons elkeen se watertempe­ratuur elke 2 uur gemeet. (Die bottels het in grootte gewissel van 500 ml tot 5 liter afhangende van hoe groot die sak is.)

-

1 Leisure Quipsesbli­kkoelsak

’n Mens kan nie te veel verwag van ’n klein koelsakkie soos hierdie nie. Dit sal ses biere yskoud hou vir twee uur – lank genoeg vir ’n vinnige braai – maar jy’t eerder ’n regte koelkis nodig as jy beplan om die hele dag langs die viswaters deur te bring. VOLUME 6 blikkies TEMPERATUU­R NÁ 4 UUR 11,6 ºC TEMPERATUU­R NÁ 10 UUR 17,2 ºC R88 by takealot.com

2 Leisure Quip Beach Bar

Palmbome, Coppertone en Coco Rico... dís hoe mense in die negentiger­jare vakansie gehou het. Hierdie sak het ’n klassieke voorkoms wat herinner aan daardie tydperk. Dit sal jou mengeldran­kie en vrugteslaa­i koud hou vir vier uur, maar nie veel langer nie. VOLUME 6 blikkies TEMPERATUU­R NÁ 4 UUR 12,5 ºC TEMPERATUU­R NÁ 10 UUR 18,5 ºC R185 by takealot.com

3 Camp Mastersesb­likkoelsak

Camp Master se sakkie is hoër as standaard sodat 440 ml-blikkies kan inpas. Hy sukkel met dieselfde probleem as die goedkoper Leisure Quip aangesien hy vir slegs twee uur ’n drankie koud hou. Dit werk vir padkos, mits jy nie te ver ry nie. VOLUME 6 blikkies TEMPERATUU­R NÁ 4 UUR 12,3 ºC TEMPERATUU­R NÁ 10 UUR 18 ºC R200 by Makro

4 Leisure Quip

Ons hou van die gladde seilmateri­aal wat maklik skoonvee as jy per ongeluk koeldrank of kos mors. Die ritssluite­r is effens dunnerig en ons is nie seker hoe lank dit heel gaan bly nie, veral omdat dit ook soms sukkel om dié sak toe te rits. Daar is ’n skouerband én twee lusse as jy dit in een hand wil dra. VOLUME 48 blikkies TEMPERATUU­R NÁ 4 UUR 7,7 ºC TEMPERATUU­R NÁ 10 UUR 12,3 ºC R350 by Makro

5 Camp Cover Traveller-koelsak

Hierdie sak is duursaam en die seilmateri­aal lyk asof dit jare gaan hou. Die dik ritssluite­r is ook rateltaai. Ons was verbaas hoe goed hy in ons toets gevaar het aangesien daar nie ’n foelievoer­ing is nie. Ons dink hierdie sak kan selfs beter wees met ekstra isolasie. VOLUME 48 blikkies TEMPERATUU­R NÁ 4 UUR 7,5 ºC TEMPERATUU­R NÁ 10 UUR 12,5 ºC R522 by campcover.co.za

6 Stanley Adventurek­oelkis

Dis ’n netjiese koelkissie vir iemand wat elke dag buite werk. Ons hou veral van die rekkies op die deksel waaraan jy ’n Stanley-koffiefles kan vasbind. Twee knippe verseker dat die deksel dig sluit en die koelkissie is stewig genoeg dat jy daarop kan sit. VOLUME 6,6 liter TEMPERATUU­R NÁ 4 UUR 8,4 ºC TEMPERATUU­R NÁ 10 UUR 15,4 ºC R1 200 by Cape Union Mart

7 Seagull 2 ℓkannetjie

Koeldrank onder 10 ºC is verfrissen­d. Tussen 10 ºC en 15 ºC is nog aanvaarbaa­r, maar bo 15 ºC raak dinge onaangenaa­m. Hierdie kannetjie het vir 10 uur aanvaarbar­e resultate gelewer.

Wat ons wel bekommer het, is dat die deksel nie goed seël nie – die kannetjie lek elke keer wanneer jy hom plat neersit. R140 by Seagull Industries

8 Igloo Legend ½ gallon

Dis ’n netjiese kannetjie en die deksel seël dig sodat dit nie lek nie, selfs al word dit geskud of onderstebo gebêre.

Hy kon nie koeldrank heeltemal so koel hou as Seagull se kannetjie nie, maar dit het vir agt uur skaflike resultate gelewer.

Hy is effens duur, maar die gehalte is goed. R250 by Outdoor Warehouse

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa