Weg!

Sterreweg

- – Willie Koorts

Dis vanjaar presies 60 jaar sedert die Sowjetunie op 4 Oktober 1957 die satelliet Sputnik 1 gelanseer en só die ruimte-eeu ingelui het. Vier die herdenking deur dié maand satelliete te jag. Vir ’n satelliet om sigbaar te wees moet dit donker wees waar jy is, maar die satelliet moet nog in sonlig wees. Dis hoekom jy die meeste satelliete kort ná sononder of kort voor sonsopkoms sien.

Die Internasio­nale Ruimtestas­ie (beter bekend as ISS – Internatio­nal Space Station) is verreweg die helderste satelliet. Die beste tyd van die jaar om hom te “jag” is Oktober en November. Dis wanneer sy baan só belig word dat hy vir ’n paar agtereenvo­lgende omwentelin­gs sigbaar bly. Die Ruimtestas­ie neem 90 minute om een omwentelin­g te voltooi, wat beteken jy kan hom binne ’n uur en ’n half weer sien oorvlieg, mits hy nog in sonlig is. Omdat die Aarde intussen gedraai het, sal die baan dienooreen­komstig aanskuif. As jy hom byvoorbeel­d oor die noordooste­like horison sien oorvlieg het, sal die volgende oorvlug in die suidweste wees.

Gebruik ’n gratis slimfoonap­p soos ISS Detector (Android) en Sputnik (iOS) om te weet wanneer en waar jy moet kyk. Dit gebruik die foon-GPS om jou posisie te bepaal en die foon se sensors om vir jou presies te wys waar om te kyk. ’n Alarm waarsku jou vroegtydig. Die webblad heavens-above.com kan ook help. Kies die plek waarvandaa­n jy kyk. Klik dan op “ISS” onder “10-day prediction­s for satellites of special interest” en op die datum om die oorvlug op ’n sterrekaar­t te sien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa