Weg!

Aftrekplek

- – Toast Coetzer >

Daar is iets aan ’n padstal wat ’n mens die gerusstell­ing gee dat jy darem nie in té wilde wêrelddele ronddwaal nie.

The Fig Tree Café is langs die T2 (oftewel The Great Northern Road), sowat 5 km suid van die bedrywige dorp Kabwe. Dis die laaste padstal op jou pad indien jy verder noord mik na Zambië se woester hoekies.

Maar dis dalk veral met jou terugkeer na die suide dat The Fig Tree Café na skielike luuksheid voel: iets bekends, iets wat jou aan die huis laat dink...

Jy kan binne sit, maar dis lekkerder buite in die skaduryke tuin – hier’s ook ’n speelparki­e vir die kinders, en skoon badkamers. Bestel enigiets van Zambiese biefburger­s (K60/R84) tot Thai-biefslaai (K55/R77) of geroosterd­e kaas-en-tamatietoe­broodjies (K35/R49). Vir die soettande is hier wortel- (K40/R56 per skyf), sjokolade- (K30/R42) of kaaskoek (K40/R56).

Op die rakke is plaaslike produkte, onder meer heuning (K47/R66) en marmelade (K20/R28). Iets wat jy nie aldag sien nie, is gedroogde pynappel (K20/R28) per pakkie. Ek het ’n pakkie grondboont­jiebotterk­oekies (K40/R56) en Melting Moments-soetkoekie­s (K35/R49) gekoop en kan dit aanbeveel vir minstens 50 km se lekkerte (daarna is dit op).

As jy haastig is en Lusaka nog voor donker wil haal, koop ’n hoenderpas­tei (K25/R35) en ’n paar samoesas (K10/R14 elk) en eet dit so in die ry. Oop Elke dag 6 vm.-6 nm. (Gesluit op Sondae.) Kontak 00 260 968 652 413

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa