Weg!

Groot getalle

-

Maak seker jy doen jou deel om ons visspesies te beskerm en raadpleeg SASSI (Southern African Sustainabl­e Seafood Initiative) se lys van toegelate spesies vóór jy vis koop of in ’n restaurant bestel. Spesies word ingedeel in drie kategorieë:

groen = die beste opsie, dié visbevolki­ngs is veilig en word goed bestuur (byvoorbeel­d ansjovis, calamari en stokvis)

oranje = dink twee keer; die spesie is moontlik onder druk (byvoorbeel­d harders, seekat en rooiroman)

rooi = moenie koop nie (byvoorbeel­d galjoen, geelbek en Weskuskree­f)

1 Laai die gratis SASSI-app af vir jou Android- of Apple-foon (in Google Play en die App Store).

2 Kyk op die webblad ( wwfsassi. co.za) wat die status van die spesies is.

3 Stuur ’n SMS met die naam van die vis of seekosspes­ie na 079 499 8795 om inligting oor dié spesie te kry.

Bronne wwf.sassi.co.za; WWF-verslag: Oceans facts and figures: Valuing South Africa’s ocean economy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa