Weg!

Vind jou slag met ’n roeispaan saam met Weg en Bundi Adventures op die Oranjerivi­er

-

INGESLUIT Jy kamp op die eerste en laaste aand by die basiskamp. Jy kry aandete met jou aankoms, drie etes per dag op die rivier, ontbyt op die laaste dag, roeitoerus­ting en gekwalifis­eerde gidse.

UITGESLUIT Versnaperi­nge op die rivier, sowel as drankies (alkoholies en nie-alkoholies). Daar is geen permanente verblyf op die oewer van die rivier nie. Jy moet jou eie tent, slaapsak of rolmat saambring.

ONTHOU Jy kan jou verblyf op die eerste aand opgradeer tot en suite- kamers in die Bundi Bushlodge teen R600 per kamer per nag (vir ’n dubbelkame­r óf een met twee of drie beddens). WAAR ONTMOET ONS? By die Oranjerivi­erkamp van Bundi by Noordoewer; dis 10 km wes van grens en 680 km van Kaapstad af.

Bundi bied vervoer aan vanaf R1 350 p.p. van Kaapstad af na die Oranjerivi­erkamp en terug. WAT MOET EK SAAMBRING? • Windjekker • Kortbroeke • T-hemde • Pet of breërandho­ed vir die son, en ’n mus vir koue aande • Sweetpak vir koue aande • Langmouhem­p met kraag om die son uit te hou Skoene vir nat en droë omgewings (visplakkie­s en sandale werk vir albei) Toe skoene vir die rivier Slaapsak Grondseil/matras Sarong om die son af te keer Handdoek en swemgoed Liggewigte­nt Opvoustoel­e Tou/kabelstrop­pe Plastiekho­uer wat as waterbesta­nde bêrehouer gebruik kan word ’n Waterbesta­nde houer vir jou paspoort aangesien jy dit moet saamroei Eetgerei: bord, beker, mes, vurk, en lepel

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa