Weg!

Kom saam met Weg en Mpafa na die Baviaanskl­oof en die Addoolifan­t- nasionale park

WELTEVREDE FIG & GUESTFARM, PRINS ALBERT

- – Erns Grundling

Op pad na dié gasteplaas – een van die eerste vyeplase in Suid-Afrika – voer die landskap jou mee: Jy ry met ’n grondpad al langs die voetheuwel­s van die Swartberg.

Jy bevind jou in een van die mooiste valleie in die ganse GrootKaroo, waar ses geslagte al sedert 1853 boer. Die huidige boer, Jaco de Klerk, en sy vrou, Liezl, laat jou dadelik tuis voel.

Hier is meer as ’n duisend vyebome op die plaas. Liezl se ouma Sienie Koorts het meer as ’n halwe eeu gelede begin om die vye uit te droog.

Maar jy is hier vir die stilte. Ja, hier is selfs stoepsit ’n werkwoord. Hoe voel ’n mens ná ’n paar uur hier, veral met ’n afgeskilde adamsvy in jou kies? In een woord: Weltevrede. Waar bly ek? Die vier luukse selfsorghu­ise sonder elektrisit­eit is toegerus met paraffienl­ampe en ’n gasstoof, -yskas en -geiser. Hier is ook braaigerie­we.

Klein De Hoek is ’n klein kothuis met twee slaapkamer­s (slaapplek vir 4) en is gewild onder skrywers en skilders wat in stilte wil werk. (R300 p.p. vir die eerste twee gaste en R100 p.p. daarna). De Hoek (foto bo) is ’n luukse plaashuis (slaapplek vir 6) met ’n stoep, swembad, ’n pizza-oond buite, drie slaapkamer­s en drie badkamers (R400 p.p.p.n., minimum van R1 600 p.n.). Vredenhof het ’n swembad, twee slaapkamer­s (slaapplek vir 4) en drie badkamers, ’n Victoriaan­se bad inkluis (R1 600 p.n.). Fonteinsko­p is ’n private huisie vir twee op ’n heuwel (R1 600 p.n.). Wat kan ek hier doen? Bring jou verkyker en soek ’n kleurryke bruinkopvi­svanger en ’n broeipaar witkruisar­ende. Stap of draf in die kloof, of ry fiets na Prins Albert. Gaan op ’n daguitstap­pie na die Gamkaskloo­f, of ry ’n sirkelroet­e deur Meiringspo­ort na Oudtshoorn en terug na Prins Albert oor die Swartbergp­as. Wat nog? Die vyeseisoen is van einde Januarie tot einde April.

Die plaas kan dan besoek word tussen 10 vm. en 4 nm. (Maandae tot Vrydae). Op Saterdae is dit slegs tussen 10 vm. en 12 nm. oop, en op Sondae is dit gesluit. Bekyk die vyebome en plaasaktiw­iteite en leer meer oor die adamsvy en Kaapse bruinvy.

Weltevrede se produkte is landwyd beskikbaar in deli’s en Woolworths. Koop ’n flessie heerlike groenvyeko­nfyt (vanaf R50) en droë en vars vye (vanaf R100/kg) by die plaaswinke­ltjie. Troeteldie­rvriendeli­k? Ja. Kontak 023 541 1229; figfarm.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa