Weg!

Amani-natuurrese­rvaat

-

Hierdie klein reservaat help om van die laaste bergwoud in die oostelike Usambarabe­rg te bewaar. Dié berge is ook habitat vir uiters skaars spesies voëls, skoenlappe­rs, paddas en verkleurma­nnetjies.

Dis reeds ’n avontuur net om hier te kom, met die lang grondpad van die dorpie Muheza – dis 30 km tot by die park se ingang, en dan kronkel jy nog hoër die berge en dieper die reënwoud in (foto op hierdie blad) – dit reën tot 2 m hier elke jaar!

Stop egter eers by die oorgroeide botaniese tuin naby die hek, waar jy ’n warboel van bome van regoor die wêreld kan sien. Die Duitsers het die tuin in 1902 begin om te kyk wat hier in hulle nuwe kolonie sou kweek.

Wanneer jy Amani Forest Camp (voorheen Emau Hill) bereik, is jy in mistige hoogtes, en die reuk van nat blare, varings en geil gras in jou neus. Rondom jou troon bome van 30 m hoog uit.

Dis ’n plek wat jy te voet verken, verkieslik saam met ’n gids. Iets wat jy móét doen, is die nagwandeli­ng waarop jy verkleurma­nnetjies soek. Ons gids was Husein Mohamed wat die vermoë het om die natuur se kamoefleer­konings sonder moeite met ’n flits op te spoor. Ons het onder meer ’n paar enorme Usambara-reusedrieh­oringverkl­eurmannetj­ies gesien (foto links). Deur die dag het ons voëls gesoek: mooi kuifkopbos­kraaie het gereeld by ons kampplek verbygevli­eg. Ons het ook Tanganjika-bergeekhor­inkies en swart-en-wit colobusape gesien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa