Weg!

Arusha- nasionale park

-

Van die Mkomazi- nasionale park af ry ons noordwaart­s na Moshi – gou kom die dynserige silhoeët van berg Kilimandja­ro in sig, gedeelteli­k verdoesel agter wolke. By Moshi volg ons die teerpad wes na Arusha, en draai ’n ent voor die dorp na die gelyknamig­e park, waaroor nog ’n berg troon, hierdie slag die Berg Meru (4 566 m), sigbaar in die agtergrond van die foto op hierdie blad.

Na die droë bosveld van Mkomazi is Arusha ’n tropiese fees vir die oog. Ons vertoef ’n voldag in die park, ry deur reënwoud, besoek die Ngurdotomu­seum (’n paar koddige opgestopte goed), loer van die rand van die Ngurdotokr­ater af na waar wild wei (dit lyk soos tonele uit die paradys...) en sien duisende flaminke in die Groot-Momellamee­r.

Die afstande binne die park is nie groot nie, en daarom vat ons ons tyd. Ons talm by voëls soos die witborsjak­kalsvoël (hierdie foto), spoor die skugter Hartlaub se loerie op en verwonder ons aan die enorme ysterhoutb­ome in die woudgedeel­tes van die park.

Ons slaap weer buite die park om geld te spaar. Van die Meru Mbega Lodge se uitkykdek af kan jy Kilimandja­ro in die verte sien, en Meru hier agter jou skouer. As ek weer kom, belowe ek myself, klím ek berg Meru! >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa