Weg!

WIELE

Audi glo duidelik diesel is nie ’n vloekwoord nie. Met die nuwe Q5 kan jy met een tenk van die Kaap af amper tot in Gauteng ry. Dít wil gedoen wees, skryf Braam Peens.

-

Met die nuwe Audi Q5 kan jy van die Kaap af ámper tot in Gauteng ry. Braam Peens loer onder dié tweedegesl­ag-Q5 se enjinkap

Onthou jy 2015 se dieselskan­daal? Die keer toe die Volkswagen­groep se geknoei oor diesel-uitlaatgas­se hom meer as R22 miljard aan boetes laat hoes en daarmee saam onmeetbare skade aan sy beeld berokken het?

Koppe het soos tolbosse gerol en elke nuwe diesel-Volkswagen en -Audi het oornag in Amerika – waar die storm losgebars het – uit handelaars se vertoonlok­ale “verdwyn”. Dat die Oxford-woordeboek nie die d-woord aangewys het as die aanstootli­kste woord van daai jaar nie, bly ’n wonderwerk. Maar geen salf is sterker as Vader Tyd s’n nie; daarom was Audi dapper genoeg om die intreeweer­gawe van sy nuwe, tweedegesl­ag-Q5 weer met ’n dieselenji­n toe te rus.

En weet jy wat? Die Kaap is weer Hollands – onder die Audi se enjinkap, maar veral in sy kajuit.

Die nuwe Q5 is groter, ligter, slimmer en suiniger met brandstof as tevore; ongelukkig duurder ook. Hy moet sy storie ken, want hy ding mee met strawwe sagteviert­rekmodelle, soos die Mercedes GLC, Jaguar F-Pace, Land Rover Discovery Sport en die Volvo XC60.

Anders as die Discovery is die Q5 groot (4,66 m lank en 1,89 m breed) genoeg vir vyf volwassene­s maar ook net-net te klein vir ’n derde ry sitplekke. Maar – kort van ’n Rolls-Royce – kry jy wel die beste en stilste binneruim op die mark. Die Q5 beywer hom vir topklasvei­ligheid (hy kan byvoorbeel­d vanself ’n noodstop uitvoer as hy ’n voetganger in die pad bespeur), hy het aanboordve­rmaak (spesifieke selfone kan koordloos gelaai word) en internetko­ppeling (tot agt toestelle kan tegelyk gekoppel word).

Audi beweer hierdie tweeliterQ­5 kan 1 327 km met een tenk ry. Dis volgens Google Maps net 69,5 km te kort as jy van die Goudstad af Kaap toe ry. ( Bring ’n fiets saam vir daai laaste ent. – Red.)

Die Q5 is te koop met ’n tweeof drieliterp­etrolenjin, maar vir langpadrye­rs bly die dieselenji­n die slimste keuse.

Soms kom goed uit die kwaad – knap gedaan, Audi.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa