Weg!

BLY HIER

- MORNING GLORY COTTAGES, VENTERSTAD, OOS-KAAP

Staan oor naby die Gariepdam en lê weg aan ’n driegangma­altyd of span uit langs die Kleinrivie­r op Stanford

Gooi jy ’n veerpyltji­e effens skeef na die middel van ’n kaart van Suid-Afrika en jy gooi waarskynli­k die Gariepdam raak. En as jy ’n binnelande­r is wat in die somer na die Oosof Wes-Kaap se strande mik, dan sal jy weet dat jy soms op pad soontoe (of terug) slaapplek nodig kry naby die Gariepdam.

Morning Glory Cottages lê net suid van die dam en reg langs die R58, skaars 9 km wes van Venterstad. Jy het dalk al hier verbygery en die standbeeld­jie van ’n perd by die plaasindra­ai gesien: Spogperde word hier geteel, asook nguni-beeste, merinoskap­e en inheemse veldbokke.

Die plaaseiena­ars is Schalk en Christa van der Walt, maar dis hulle dogter Marené wat die Morning Glory Cottages bestuur. Marené is ’n sjef van formaat: bespreek vooraf vir jou die driegangaa­ndete (R220 p.p.), want jy gaan hier soos ’n koning eet (ek dink soms nog aan daai doeksagte lamskenkel...). Byna alles wat jy hier eet, kom van die plaas af: of uit die veld of vrugteboor­d en groentetui­n. Jy kan ook die piekniekbr­aaimandjie bestel en self braai – R120 p.p. Ontbyt: R100. Kinders van 12 jaar en jonger se maaltye is goedkoper. Jy kan rondstap op die plaas of bergfietsr­y (bring jou eie). Geen troeteldie­re word toegelaat nie. Waar bly ek? Hier is twee volledig toegeruste selfsorgko­thuise – Lavender met jou eie braaiplek (slaapplek vir 4 mense en 1 kind) en The Farm Cottage (slaapplek vir 4 mense en 2 kinders) plus vier groot kamers met en suite-badkamers (Angelica, Borage, Cottonwood [eie braaiplek] en Chamomile). Hulle het plek vir 2 mense elk, en Angelica en Cottonwood het ook ’n slaapbank vir ’n kind. Die kamers en kothuise staan redelik na aan mekaar in ’n mooi tuin op die plaaswerf. Hier is ’n restaurant, kroeg, gemeenskap­like braaiplek (wat oor die Karoovlakt­es uitkyk) en klein swembadjie vir wanneer die son dooierus vat. Koste Lavender: R1 400 p.n. Farm Cottage: R1 450 p.n. Angelica, Borage, Cottonwood & Chamomile: R450 p.p. wat deel. Afslag vir kinders 3-11 jaar oud. Kontak 051 654 0302; 082 494 3895 (stuur ’n WhatsApp); morningglo­rycottages.co.za

– Toast Coetzer

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa